Pippie Fondsinsameling
Die NG Bergsiggemeente het vir ‘n fondsinsamelingsprojek vir Pippie gehou. Daar was heerlike kosstalletjies, pret vir die kinders en oud en jonk is genooi om deel te hê aan die projek.
Pippie, die klein dogtertjie, wat laasjaar oor 80% van haar lyfie ernstige brandwonde opgedoen het, het befondsing nodig gehad vir die talle operasies wat sy moes ondergaan. Vandag het sy ‘n nuwe velletjie, maar die gesondword proses is iets wat nog tyd vat.
Ilze Fourie het die gebeurtenis op kamera vasgevang.
Comments