Magalies Sitrusfees 2013 – pure lekkerte
Die jaarlikse Magalies Sitrusfees het weereens vir groot vermaak gesorg. Die Saterdag, 1 Junie, het die gewilde Mej. Sitrus op die planke gebring en daar was ook ‘n paar bekende Afrikaanse sterre te sien.
Kurt Darren het almal – van jonk tot oud – vermaak met lekker voetstamp-musiek en die fone het omtrent geswaai om seker te maak ‘n foto of drie word geneem.
Ander bekendes was Suné van der Merwe, Dillon Lerm, die groep Saarkie, Andriette Norman en Willie en Natasja Joubert.
Die jonges by die bulletjie rugby het ook vir groot pret tussen die seuns veroorsaak. Die spanne was vol moed en het hul bestes in elke kragmeting gegee. Skole van die Vaaldriehoek, Wesrand, Klerksdorp-. Rustenburg- en Witbank- omgewing neem jaarliks deel.
Die sitrusbeelde en die menigde vrugte was ook op uitstal te siene.
Vir ‘n visuele smakie, kan die galery hieronder besigtig word. Ronel van Ronel Fotografie het die heerlike foto’s geneem.