Kroondal Basar: “Das ist gut!”
Die Kroondaler Basar het weer, soos altyd, vir ‘n groot bederf gesorg. Vir elke persoon wat ‘n draai gemaak het was daar iets om na te kyk, aan te smul of iemand om mee te kuier.
Die hoogtepunt is elke jaar die vleisverkoping, waar daar onder een dak elke denklike Duitse “leckerbischen” (lekkerny) kan vind. Van die berugte “Blutwurst”, tot die bekende Knack- en Bratwurst. Daar was natuurlik ook Biltong en ander meer Suid-Afrikaansbekende lekkernye ook.
Die kinders kon ook heerlik saamsmul aan verskeie koeke en saamlag en bewonder aan die “Kasperle Teater” – Duitse poppekas – wat aangebied is.
Die biertuin het nie ‘n tekort aan besoekers gehad nie, en almal het definitief nie met leë hande of mae daar geloop nie.
Ronel, Ronel Photography, het die dag saam geniet.