Hoërskool Rustenburg | 90ste Bestaansjaar
Sedert 1922, is Hoërskool Rustenburg deel van die geskiedenis wat die diversiteit van Rustenburg aanspreek. Die afgelope naweek (19 Mei 2012) is hulle 90ste bestaansjaar gevier en om dit alles in te neem het ShowMe Rustenburg se Johan Ferreira ‘n draai gegooi om die aksie in te neem!
Saterdag het afgeskop met die sportdag tussen Rustenburg Hoër teen Hoërskool Volkskool vanuit Potchefstroom. Kragte is gemeet op alle velde van rugby, hokkie asook netbal! Die dag was veral besonders met die besoek van Adjunk-minister van Sport & Rekreasie, Mr Gert Oosthuizen asook Oom Blackie (102), die oudste lewende oud-skoolhoof, wat die dag meegemaak het.
Die naweek is afgesluit met die Kontreifees die Saterdagaand. Jonk en oud kon behoorlik weglê aan verskeie kosse uit verskillende kontreie uit ons land. Vanaf Kroondal se schnitzels en rostis, tot Paternoster, met heerlike snoek en ‘n seekospotjie.