Country-dag met Jody Wayne en meer in Rustenburg
‘n Country-dag by die Kalakiri Lodge net buite Rustenburg het die laaste naweek in Oktober plaasgevind. Die fees was gemik om fondse in te samel ten bate van die Basileia Gemeenskapsentrum.
Sangers Jody Wayne, Dalene Genis-Barry, die Kalahari-orkes asook Madelein Kotze (bekend as Adelei Jade) het die dag optree.
Die Môrester Kinderhuis was ook daar om geurige kerrie en rys asook vetkoek en maalvleis te verkoop – hulle is tans besig om kaartjies te verkoop wat jou die kans gee om Geely-motor te wen!
Daar was donkiekar-ritte gewees vir die kinders en ‘n swembad en springkasteel om mee te speel.
Eilleen Nesbitt het die dag vasgevang.
Comments