Produksiekoste Berekening vir Boere
Produksie koste berekening vir boere is nodig om werklike winsgewendheid van boeredery te meet om ingeligte besluite te kan neem op die regte tyd. In hierdie artikel bespreek ons Produksiekoste per eenheid, net een uit baie metodes om die winsgewendheid van jou boerdery te bepaal.
In die artikel kyk ons stapsgewys, hoe hierdie berekening gedoen word en hoe dit prakties in jou boerdery toegepas kan word.
Hou maandelikse produksiekostes by
Die eerste stap is om al jou direkte insetkostes by te hou soos dit aangegaan word. Dit sluit nou kostes in soos arbeid, byvoeding, medisyne, diesel en vervoer. Kostes wat noodsaaklik is om na die welstand van die diere om te sien. Dit kan ook huur van grond of geleetheidskoste van die gebruik van eie grond insluit.
Al die maandelikse produksiekostes word dan bymekaar getel.
Hou maandelikse rekord van aanteel en sterftes
In die stap, hou die boer rekord van die aantal diere wat gebore word of gesterf het gedurende die maand. Dit sluit dus in die rekord van die aantal kallers, kuikens of lammers wat gebore of gesterf het.
Bereken produksievoorraad op hande – eenheid en waarde
Die produksiekoste per maand soos bereken in die eerste stap, word aan die einde van die maand toegedeel aan die produksievoorraad se balans.
Gestel die boer het R30,000 se kostes die maand aangegaan, terwyl die vorige maande se kostes wat reeds aan produksievoorraad toegedeel is R270,000 beloop, sal die nuwe produksievoorraad syfer R300,000 wees.
Dieselfde geld met die aantal produksie-eenhede. Gestel die boer het die maand 8 kallers geproduseer en die vorige maande 70, dan is die totale produksie-eenhede op hande nou 78.
Bereken die produksiekoste per eenheid
Die boer kan nou bepaal wat is sy geweegde gemiddelde produksiekoste per eenheid deur die eindsaldo van die produksievoorraad op hande te deel met die aantal produksie-eenhede.
Byvoorbeeld die eindvoorraad (soos hierbo) van R300,000, word gedeel deur die totale produksie-eenhede op hande naamlik 78 kallers. Dit gee dan ’n produksiekoste per eenheid van R3,846.15 per kalf.
Bepaal winsgewendheid voor verkoop
Dit is ’n nuwe maand en die boer wil byvoorbeeld nou 10 kallers van die 78 produksievoorraad verkoop wat gereed is om gespeen te word, teen hul gemiddelde gewig van 200 kilogram elk. Gestel die markprys is R30 per kilogram nadat vervoer en kommissie reeds afgetrek is.
Die verkoopprys per kalf is dus R6,000 (200kg x R30). Die boer weet reeds dat hy R2,153.85 (R6,000 min R3,846.15) wins per kalf kan realiseer.
Dus kan hy ’n ingeligte besluit neem, voordat hy verkoop.
Aanpassing van produksievoorraad – eenheid en waarde -met verkope en sterftes
Die produksievoorraad waarde en eenhede moet aangepas word vir produksie-eenhede wat verkoop word of wat in voorraad was en toe gesterf het.
In die huidige maand, word die verkope en sterftes bereken op die vorige maand se produksiekoste per eenheid en dus afgetrek van die produksievoorraad se waarde en eenhede om die nuutste produksiekoste per eenheid uit te werk.
Byvoorbeeld die 78 eenhede word verminder met die 10 kallers wat verkoop is en die waarde van die R300,000 voorraad op hande word verminder met R38,461.50 (10 kallers teen R3,846.15 elk).
Die oorblywende voorraad is dus 68 (78 min 10) kallers teen ’n waarde van R261,538.50 (R300,000 min R38,461.50). Die produksiekoste per kalf op hande bly dus R3,846.15 (R261,538.50 gedeel deur 68).
Voorbeeld van produksiekoste per eenheid rekords:
Ons hoop die artikel kan jou bystaan om meer winsgewend te boer, deur vooraf te kan bereken hoe winsgewend jou boerdery is asook ook die produksiekoste per eenheid te gebruik in die afwaartse bestuur van kostes en verhoging van produksie-eenhede om die koste per dier geproduseer so laag as moontlik te kry.