‘n Vriendin het vir my ‘n voorgeboorte klas as geskenk gegee met die koms van ons tweede baba dogtertjie.   Ons eerste baba dogtertjie is oorlede op tien daggies en as gevolg  daarvan was ek ongelooflik baie gespanne en angstig.  In die voorgeboorte klassie het ons soveel praktiese raad gekry wat vir ons baie gerus gestel het. Van wat ons moet pak tot die hulp met borsvoed ens.  As ek aan Suster Ida en Suster Jeanetta dink, sien ek twee engele, so rustig en altyd ‘n oor wat luister en ‘n hart wat om gee. Hulle kennis verstom my en hulle is altyd so hulpvaardig. Hulle het so baie om te bied. Ek en My nanny het Boeps2Babes se Noodhulp kursus bygewoon en Sr Jeanetta het ook die “Nanny training” kursus by ons huis kom aan bied. Dit het baie gehelp met die dag tot dag versorging van ons babadogtertjie.  Van week twee af het ek op Dinsdae “Super Mammas” bygewoon. Elke week is daar daar verskillende onderwerpe wat bespreek word, hierdie klassies is baie handig.  Dit was so lekker om te kuier saam met al die mammas wat die deur dieselfde ervaring gegaan het as ek.  Na die “Super mammas” is daar ‘n “weeg en meet” sessie, daardeur kon ek vasstel of my dogtertjie aan haar mylpale en gewig voldoen. Een keer ‘n maand het ek Krooswekers bygewoon, waar verskillende mense gepraat het oor verskillende onderwerpe, onder andere hoe om jou kind te beskerm tot die moets en moenies van kind grootmaak.  Die  uitgewerkte spyskaarte vir wanneer jou kind begin met vaste kossies is ongelooflik oulik. My dogtertjie slaap al vanaf 6 weke deur dank sy Sr Ida.  Vandag het ek ‘n baie vriendelike en ‘n gesonde babatjie. Ek is nou seker al twee maande terug by die werk, en kan nie wag vir ons maandelikse besoek aan die kliniek nie.

In ‘n kort opsomming: het die kliniek soveel rolle in my lewe gespeel – van ‘n helpende hand tot ‘n vriendin.

Suster Ida en Suster Jeanetta sal vir altyd ‘n baie spesiale plek in ons harte hê. Die raad wat ek daar ontvang het is van ontskatbare waarde.

Adri Stofberg


4 jaar terug was ek swanger met my 1ste babatjie. Ek het gewonder hoe op dees aarde gaan ek tog ‘n lyfie groot maak. Ek was die dag saam met my tannie om haar babatjie se inspuitings te kry by Sr Ida. Dis die dag wat my lewe verander het! Wat‘n fantastiese mens! Sy het my gesê om haar te kom sien, sodat sy my kan help. Ons het vir ‘n borsvoeding klas by haar gegaan net voor my seuntjie se geboorte.

Sy het ons ‘n week voor Adin se geboorte gevra of sy ons babatjie kan gebruik om ander mammas te wys hoe om ‘n nuwe baba te hanteer. Ons was baie skepties want hy gaan dan nog so klein wees, maar het ingestem. Ons het haar daardie dag gaan sien en sy het ons babalyfie in haar arms geneem en dit het gelyk of hy meer gemakliker is by haar, as by ons! Ek moet bieg, ek was bietjie jaloers gewees op haar. 

Al was dit ons baba, het ons saam met al die ander mammas geleer hoe om hom te hanteer. Van daardie dag af het dinge makliker gegaan. Ongelukkig het ek daardie nare “baby blues” gogga gekry. Ek het niks gesê nie, ek was te bang iemand gaan my oordeel. Sr Ida het met Adin se 4 weke ondersoek gevra of ek okey is, en soos gewoontlik, het ek gesê ja. Sy kon gesien het iets is nie lekker nie en ek het ingegee en begin huil soos ‘n klein babatjie op haar skouer! Sy het vir my raad gegee om my te help en elke week het sy my opgevolg; hoe dit met my gaan? Dankie Vader sy het dit agter gekom. Dit kon dalk net ons huwelik gebreek het aangesien nie een van ons twee geweet het hoe om met ‘n nuwe baba in die huis te oorleef nie!

Ons het baie gesukkel met ons 2de seuntjie, want hy was baie kere siek gewees. Ek het Sr Ida gebel toe hy 2 maande oud was en gesê dat my seuntjie waterpokkies gehad het. Sy het my goeie raad en ondersteuning gegee. Dit het my baie  rustig gemaak en op my gemak laat voel. Op 4 maande het hy die RS virus gekry. Ons was besig om te trek en ek kon telefonies met haar gekommunikeer het. Sy kon daar ook, soos altyd, raad en bystand gee!

Ek weet dat ek vir Sr Ida enige tyd van die dag of nag kan bel en sy altyd daar is om te help! Sr Ida het onwetend my huwelik gered! Sy het my laat besef dat my kinders belangrik is maar dat my man net so kosbaar is.

Vandag is ek n mamma van 2 pragtige seuns.  Sr Ida het my gehelp om die geskenk van moederskap te waardeer en te geniet. Sonder twyfel sal ek voorstel dat elke mamma een of ander tyd haar moet ontmoet! Dit vat net 1 keer om die engel in haar raak te sien!

Baie baie dankie vir die mens wat Sr Ida is en vir al die hulp, opbeurende boodskappies, lag en selfs die trane wat Sr moes af vee.

Annalize Meyer


Beste Sr Ida, Sr Jeanetta en Marlene.

Hiermee terugvoering van ons ondervinding met Boeps2babes.

“Voorgeboorte klasse: Waarvoor moet ons dit bywoon? Ons kan mos Google as ons nie iets weet nie.” Dit was die reaksie wat ek van my man gekry het toe ek die idee voorgestel het. Met baie oortuiging en ‘n verwysing van vriende, stem hy tog – maar baie sinies – in.

Wat ‘n aangename ondervinding was die klasse gewees! Informatief, interessant en professioneel. My man leer toe so baie, hy bly tot na die tyd, om nog met Sr Ida te gesels oor immunisering en vra toe ‘n klomp ander vrae ook!

So pak ek toe my praktiese hospitaal tassie soos Sr Ida en Sr Jeanetta voorgestel het. Ongelukkig verloop die geboorte proses nie soos beplan nie, en boetie moes deurmiddel ‘n keisersnit of “smiley” gebore word. Steeds is ons nie afgeskrik nie, ons weet mos wat om te verwag, ons het mos geleer – goed, nou moet ek bieg, ons was maar benoud, en ‘n klein bietjie bang. Aiden is gebore en ons is skoon verlief en in verwondering.

Alhoewel die verblyf in die hospitaal ‘n aangename ondervinding was, het die string besoekers en die raad van familie en verpleegpersoneel ons skoon oorweldig – dit lei toe na die eerste aand by die huis na geen slaap en twee baie gefrustreerde nuwe ouers!

Ek besluit toe dat dit nie so kan aangaan nie en trek my voorgeboorte klas notas nader. Ons handhaaf toe ‘n roetine en verander toe in twee in beheer ouers wat toe dadelik lei tot ‘n ontspanne en gelukkige baba. Op die stadium het dit regtig gevoel of Sr Ida en Sr Jeanetta ons lewens gered het!

Ek het ook ingeskakel by die Super Mamma program. Die 8 klassies is so prakties, toepasbaar en in die kol! Dit spreek al die brandende en soms ongemaklike vrae aan wat ‘n nuwe mamma het, maar soms te skaam is om te vra. Die klassies bied ook ‘n platform vir nuwe mammas om mekaar te leer ken en so vir mekaar ‘n ondersteuning netwerk te vorm.  Ons het selfs ‘n WhatsApp groep gevorm waar ons bietjie raad en simpatie met mekaar kan deel. Dit is so lekker om te besef dat daar ander mammas is wat deur dieselfde gaan as wat jy gaan en saam daaroor kan gesels.

Die Super Mamma klassies was vir agt weke die hoogtepunt van my lewe!!!

Ek en my skoonma (wat vir Aiden gaan oppas as ek terug gaan werk toe) het ook die noodhulp kursus bygewoon, en daar is nou ‘n nuwe gerustheid by my dat ons in ‘n noodsituasie reg sal kan optree.

Baie dankie Sr Ida en Sr Jeanetta vir julle deernisvolle raad en ondersteuning. Marlene vir jou vriendelike diens en altyd opgewekte geselsies. Ek sien baie uit om Aiden se groot-word pad saam met julle te stap. Ek weet ons is in goeie hande!

Vriendelike groete

Trudi Smit


My baba dogtertjie, Lia, is tans 6 maande oud en ‘n absolute ou engeltjie. Ons het by Sr Ida uitgekom toe Lia 6 weke oud was, en ek wens so dit kon vroeër gewees het – daai eerste rukkie is maar redelik taai op nuwe ouers wat nie weet wat hulle doen nie! Sr Ida het ons onmiddelik onder haar vlerk geneem en die wonderlikste raad gegee oor enigiets en alles – van slaap, bad, voeding en stimulasie tot depressie, oefening en gewig verloor. Lia het ‘n vaste roetine en slaap al deur die nag (vir meer as 11 ure!) vanaf 8 weke. Sy is die rustigste, vriendelikste en maklikste babatjie. Was dit nie vir Sr Ida en haar vriendelike staf nie, weet ek nie waar ons sou wees nie. Dis nogal iets as iemand vir jou raad gee wat ELKE LIEWE KEER WERK. Dis ‘n voorreg en ‘n lewenslyn om vir Sr Ida en Boeps2Babes in ons lewe te hê.

Inge Marais


Suster Ida is n ongelooflike mens met soveel kennis wat sy graag met mense deel. Sy is altyd professioneel en vriendelik. Haar ervaring met babas en mammas is iets wat geld nie kan koop nie. Altwee my kinders slaap deur van 4 maande af agv van haar! Sy het altyd praktiese raad vir jou wat werk, nie net boeke kennis nie. Ek vertrou haar 100% en sal haar praktyk vir enige iemand aanbeveel.

Dr. Lisca Nel 


Ek en my man is albei baie selfstandige, hardwerkende mense. Sommige mense sal se ek is ‘n workoholic en tot voor my kleintjie gebore is het ek nog nooit eers ‘n babatjie gevoer nie en wou nooit iemand anders se baba vashou nie. Ek het swanger geraak en was baie opgewonde al het ek niks geweet van kind grootmaak nie.

Een van my werks kollegas het my verwys na Suster Ida en ek wou bitter graag na die voorgeboorte klas gaan wat Suster Ida aanbied. My man wou eers niks daarvan weet nie. Hy het gevoel ons is albei skerp genoeg om dinge self uit te figure en waarvoor nou geld mors? Ek het uitgevind dat die voorgeboorte klas tel vir Discovery punte en dit het my man oortuig dat ons wel die klas kan bywoon.

Ons was die saterdag oggend na die voorgeboorte klas. Wow, wat ‘n ervaring. My man kon daarna nie ophou praat oor hoe goed dit was en dat hy dit vir almal gaan aanbeveel. Dis toe wat hy agterkom die hele kind grootmaak is nie so maklik as jy absoluut niks weet nie.

My man het vir almal net vertel van Suster Ida wat so ongelooflik is en hoe hy almal na haar sal verwys. Hy vertel nou ook vir almal hoe belangrik die voorgeboorte klas is aangesien dit ‘n mens net so help om voor te berei so bes jy kan.

My baba dogtertjie is toe gebore en suster Ida het die hele pad saam my gestap. Ek vertel nou nog vir mense dat ek dink nie ek sou so ‘n goeie ma kon gewees het sonder suster Ida se hulp nie.

Suster Ida is regtig ‘n kenner in haar veld!! My kleintjie het tot op 10 weke nog elke aand tussen 1 en 2 wakker geword, tot ek vir suster Ida vertel en sy my se wat ek verkeerd doen. Van daardie aand af wat ek haar raad volg, slaap my kleinijie al vir amper 2 weke 6 tot 7 ure aaneen.

Elke oggend wat ek my babatjie in haar kamer gaan haal het was haar neusie bot toe, en suster Ida het my gehelp en moontlike oplossings gee, en dit het gewerk!

Dis soms sulke klein goed wat so ‘n groot verskil in jou babaijie se lewe maak!

Ek is die eerste van my vriendinne wat ‘n babatjie gehad het en sal al my vriendinne aanbeveel om na Suster Ida te gaan. Dit is so lekker om te weet daar is iemand wat my kan help om die beste mamma te wees en die pad saam my stap!

En hier sit en vandag met ‘n dol gelukkige baba dogtertjie van 12 weke wat vir als en almallag.

Anja Kruger 


Sr Ida Bester was seker die beste persoon wat oor ons pad gekom het met die geboorte van ons premature dogtertjie. Ons eerste afspraak was toe Anneri 1 week oud was en van daardie dag af het Sr Ida met ons die pad begin stap. As dit nie vir Sr Ida was nie weet ek nie hoe ons Anneri sou gekry het waar sy vandag is nie. Met al die raad wat Sr Ida gee kan ek nou se dat Anneri van 3 maande af deur slaap in die aand en so vir Mamma en Pappa ook genoeg rus gee.

Wat ek van Sr Ida waardeer is dat sy elke baba en Mamma op hulle name ken en net so baie soos wat sy vir jou kind omgee, gee sy ook vir jou as ouer om.