Gratis Toere by Die Voortrekker Monument
Die Voortrekkermonument het pas besluit om daagliks twee gratis toere (Engels) vir besoekers aan die Monument aan te bied.
Die Monument het besluit om hierdie inisiatief te loods ten einde uit te brei op die uitstekende diens waaraan besoekers reeds gewoond is.
Daar sal daagliks, Maandag tot Vrydag, om 11:00 en om 14:00 ‘n toer van ongeveer een uur lank aangebied word. Die toer fokus op die pionierskonteks, die argitektuur van die gebou en bied ook ‘n kriptiese oorsig oor die Heldesaal, waarna besoekers ingelig sal word oor die res van die Monument. Aanvanklik sal hierdie begeleide toere slegs in Engels aangebied word, maar enige persoon is welkom om dit mee te maak. Dit is nie nodig om vooraf vir so ‘n toer te bespreek nie – u kan net voor die bepaalde tyd by die ingang van die assegaaihekke bymekaarkom, waar die gids u sal ontmoet. Die toere sal nie op vakansiedae of oor naweke aangebied word nie.
Die gewone toegangsfooi tot die Monument is nog steeds van toepassing, maar die begeleide toere is gratis. Enige navrae in die verband kan gerig word aan Ellenmarie Grobler of Christo Rabie by 012 326 6770 of opvoed@vtm.org.za
The Voortrekker Monument has decided to offer two free tours daily in English for visitors to the Monument.
The Monument has decided to launch this initiative in order to expand on the excellent service to which visitors are already accustomed.
Monday to Friday at 11:00 and 14:00 an hour tour will be offered. The tour focuses on the pioneering context, the architecture of the building and also provides a short overview of the Hall of Heroes, and visitors will be informed about the rest of the Monument.
Initially, these guided tours will be offered in English. It is not necessary to book in advance for a tour – a tour guide will meet with guests at the top of the Monument steps. The tours will not be offered on holidays or weekends.
The normal entrance fee to the Monument is still applicable, but the guided tours are free. Any queries in this regard should be directed to Ellenmarie Rabie, Christo Grobler or at 012 326 6770 or opvoed@vtm.org.za.