Mountain View-inwoner maak golwe in Afrikaanse musiek
Die talentvolle Theo Nel (30) van Mountain View in Pretoria het die grendeltydperk as geleentheid gebruik om met sy nuutste musiek en videos kop bo skouers uit te blink.
Die sanger is verlig dat die tyd uiteindelik aangebreek het vir hom om vir die publiek te wys wat op sy hart is, wat of eerder wie hom inspireer, en sy strewe daarna om mense gelukkig te maak met sy sprankelende persoonlikheid en uitkyk op die lewe.
“My inspirasie en motivering vir my musiek kom suiwer van persoonlike ondervindings, en my plan om my doelwitte heelhartig in 2021 te behaal,” verduidelik Nel aan Rekord.
Nel spog met ’n loopbaan van 10 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy het nog altyd gevoel dat hy ’n optreder moet wees en dat hy deur middel van sy musiek en lirieke, ander wil inspireer en wil wys dat jou drome jou eintlik moet bangmaak.
Read the full story on: Rekord East.