Voortrekker Monument se toekoms lyk blink
Die ontwikkeling van aanlyn opvoedkundige programme en nuwe buitelug-aktiwiteite vorder goed en sal vroeg in 2021 weer beskikbaar wees.
Die bestuur van die Voortrekker Monument is tans besig om op ’n hele paar projekte te fokus nadat daar oor die afgelope agt maande “harde klippe gekou is”.
Dit sluit die ontwikkeling van buitelug-aktiwiteite en restaurantfasiliteite, die uitbreiding van opvoedkundige aanbiedings en energie-besparing in, volgens ’n verklaring van die bestuur.
“Dit is geen geheim dat hiérdie Afrikaner-erfenis én internasionale besienswaardigheid, soos duisende ander wêreldwyd, deur die korona-pandemie tot stilstand gebring is nie,” lees die verklaring.
“Die pandemie het die monument se planne egter nie in die wiele gery nie.
Read the full story on: Rekord East.