PTA se boksgees leef op by ‘Fighter vs Soldier’-toernooi
Die Dorsland Restaurant & Teater in Zandtfontein het Saterdag tot oorlopens toe volgestroom met ondersteuners wat nie teleurgestel is nie – die jongste uitgawe van die ‘Fighter vs Soldier’-bokstoernooi het van begin tot einde opwinding, drama en rou sport-emotie gebied.
Amateurboks kry duidelik nuwe vleuels in Suid-Afrika, en die publiek se entoesiastiese teenwoordigheid het gewys dat daar ’n honger is vir hierdie sport. Pretoria se boksaanhangers is bederf met ’n aand se gehalte-aksie wat op die hoogste vlak met enige ander nasionale byeenkoms kan meeding.
Die toernooi is deur RJ79 Events in samewerking met die Tuine Tiere-boksklub aangebied as deel van hul gewilde Box&Dine-reeks. Onder die vaandel van ‘Fighter vs Soldier’ is 14 gevegte en altesaam 40 rondtes in die kryt afgewikkel. Elke geveg het oor drie rondtes gegaan, met net een uitsondering waar die wedstryd vroeër afgehandel is.
Vir die toeskouers het dit neergekom op amper twee uur se onverpoosde aksie – ’n fees van talent, deursettingsvermoë en passie wat die bokstoneel in Pretoria weer opnuut laat opvlam het.