Naka Bulle speel oefenwedstryd teen Blou Bulle
Die Naka Bulle klub se eerstespan kon nie vir ‘n beter vuurdoop gevra het as om die nuwe seisoen, ná ’n aksie-droogte van meer as ’n jaar, af te skop met ’n oefenwedwstryd teen die Blou Bulle nie.
Die eerstespan van die ABE Midas Naka Bulle rugbyklub het die afgelope naweek hul eerste amptelike wedstryd in ’n jaar gespeel, toe Louis van Biljon en sy makkers teen ’n baie sterk span van die Blou Bulle op Loftus Vesfeld uitgedraf het.
Die Blou Bulle, wat gelaai was met spelers wat vanjaar nog Curriebeker rugby gespeel het, het maklik met 55-19 gewen.
Hoewel hierdie telling hoog is, moet in ag geneem word dat die klubspelers in hul eerste wedstryd in meer as ’n jaar betrokke was, terwyl die professionele manne maande lank reeds in aksie is.
Read the full story on: Rekord East.