Interprovinsiale Klubrugby Keer Terug Met Nuwe Superliga
Top klubs van vyf provinsies noord van die Vaalrivier neem vanjaar deel aan ‘n opwindende nuwe interprovinsiale klubrugbytoernooi, met aanloklike prysgeld.
Klubrugby in die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) het ná Covid ‘n ongekende oplewing beleef, maar moes voorheen uitdagings oorkom met die heropbou van die spel. Vanaf 2015 tot 2019 het die Blou Bulle en buurprovinsies saamgewerk om toernooie soos die Assupol Klubreeks en Volcanobeker te skep, wat klubrugby versterk het deur die krag-teen-krag beginsel te bevorder.
Hierdie nuwe Superliga bou voort op daardie sukses en gee spelers die kans om hul vaardighede op die hoogste vlak te toets.
Die nuwe Castle Superliga sal in die eerste deel van die seisoen (Februarie en Maart) aangebied word.
Comments