Hoërskool Wonderboom vereer rugby-legende Avril Malan
Hoërskool Wonderboom het hul sportpaviljoen amptelik herdoop na Avril Malan, die oudste lewende Springbok-kaptein en ‘n oudleerling van die skool. Malan, wat ‘n diep invloed op Springbokrugby gehad het as speler, kaptein en afrigter, was ook die skool se eerste Springbok.
Met ‘n ryk rugby-geskiedenis het Wonderboom al ses Springbokke opgelewer—slegs Afrikaanse Hoër Seunskool het meer. Malan, gebore op 9 April 1937, het in die Moot grootgeword en was bekend vir sy leierskap en prestasies op én van die veld af.
Comments