Harlequins lewer groot verrassing in Carltonbeker toernooi
Die Carltonbeker toernooi nader nou die pylvak gedeelte voor die uitspeelrondtes en terwyl groot tellings steeds gesien word, was daar ook die afgelope naweek ’n redelike groot verrassing onder die uitslae.
Die span van Harlequins, wat Saterdag teen die voorloopers op die punteleer in die Carltonbeker liga, Northam, amok gemaak het met ‘n 50-tal. Dié span sal nou waarskynlik elke wedstryd hoër mik.
Die afgelope naweek se Carltonbeker aksie het weer ’n paar groot tellings opgelewer, maar die grootste verrassing van die naweek was die wedstryd waarin die onoorwonne voorlopers op die punteleer onverwags behoorlik opgedons is deur ’n span wat tot dusver nog nie op al hul silinders kon vuur nie.
Harlequins, wat tot dusver ’n redelik onbevredigende seisoen beleef het, se vertoning teen die voorlopers op die punteleer, die Northam Rhinsos, het vriend en vyand verras. Quins het die osvelders met 50-23 pakslae gegee.
Vir die manne uit Groenkloof se getrouste ondersteuners sou dit dalk nie só ’n reuse verrassing gewees het nie, want hulle sal redeneer dat dié span op papier nog altyd die potensiaal gehad het om onder die top vier te tel.
Om een of ander vreemde rede het Harlequins se span egter gesukkel om hul stempel af te druk en tot voor Saterdag kon hulle slegs twee oorwinnings in die toernooi behaal.
Die afgelope naweek teen Northam het Harlequins egter daarin geslaag om na hul snelrat oor te skakel en dinge het in plek begin val. Hul voorspelers het die swaar pak van Northan man-vir-man aangevat en agter dié hardwerkende pak het skakelpaar Ruan du Preez en Henrik Mulder sake gedikteer.
Harlequins se opwindende rugby word bevestig deur die feit dat al vyf hul drieë deur agterspelers gedruk is.
Die wedstryd tussen Tuks en Tuine se Grizzlies het op Loftus Versfeld se C-veld plaasvegind en die studente het dié drieëfees uiteindelik met 70-20 gewen.
Hoewel die Grizzlies hard gewerk het en, soos in byna al hul vorige wedstryde, teen rustyd nog in die prentjie was (21-13), het die studente se groter fiksheid en vaardigheid in die tweede helfte aan hulle die oorhand gegee en hulle kon die drieë begin inryg.
Tuks het volpunte verdien met tien verdoelde drieë en dié oorwinnig het verseker dat hulle steeds stewig in die derde plek op die punteleer verkeer.
Die naweek se derde wedstryd het die seisoen se eerste honderdtal opgelewer, toe ABE Midas Naka Bulle die onderste span op die puntleer, Pretoria Rubyklub, m Harlequins lewer groot verrassing in Carltonbeker toernooi
Die Carltonbeker toernooi nader nou die pylvak gedeelte voor die uitspeelrondtes en terwyl groot tellings steeds gesien word, was daar ook die afgelope naweek ’n redelike groot verrassing onder die uitslae.
Die span van Harlequins, wat Saterdag teen die voorloopers op die punteleer in die Carltonbeker liga, Northam, amok gemaak het met ‘n 50-tal. Dié span sal nou waarskynlik elke wedstryd hoër mik. Foto: Johanna de Vos
Die afgelope naweek se Carltonbeker aksie het weer ’n paar groot tellings opgelewer, maar die grootste verrassing van die naweek was die wedstryd waarin die onoorwonne voorlopers op die punteleer onverwags behoorlik opgedons is deur ’n span wat tot dusver nog nie op al hul silinders kon vuur nie.
– Harlequins, wat tot dusver ’n redelik onbevredigende seisoen beleef het, se vertoning teen die voorlopers op die punteleer, die Northam Rhinsos, het vriend en vyand verras. Quins het die Bosvelders met 50-23 pakslae gegee.
Vir die manne uit Groenkloof se getrouste ondersteuners sou dit dalk nie só ’n reuse verrassing gewees het nie, want hulle sal redeneer dat dié span op papier nog altyd die potensiaal gehad het om onder die top vier te tel.
Om een of ander vreemde rede het Harlequins se span egter gesukkel om hul stempel af te druk en tot voor Saterdag kon hulle slegs twee oorwinnings in die toernooi behaal.
Die afgelope naweek teen Northam het Harlequins egter daarin geslaag om na hul snelrat oor te skakel en dinge het in plek begin val. Hul voorspelers het die swaar pak van Northan man-vir-man aangevat en agter dié hardwerkende pak het skakelpaar Ruan du Preez en Henrik Mulder sake gedikteer.
Harlequins se opwindende rugby word bevestig deur die feit dat al vyf hul drieë deur agterspelers gedruk is.
Die wedstryd tussen Tuks en Tuine se Grizzlies het op Loftus Versfeld se C-veld plaasvegind en die studente het dié drieëfees uiteindelik met 70-20 gewen.
Hoewel die Grizzlies hard gewerk het en, soos in byna al hul vorige wedstryde, teen rustyd nog in die prentjie was (21-13), het die studente se groter fiksheid en vaardigheid in die tweede helfte aan hulle die oorhand gegee en hulle kon die drieë begin inryg.
Tuks het volpunte verdien met tien verdoelde drieë en dié oorwinnig het verseker dat hulle steeds stewig in die derde plek op die punteleer verkeer.
Die naweek se derde wedstryd het die seisoen se eerste honderdtal opgelewer, toe ABE Midas Naka Bulle die onderste span op die puntleer, Pretoria Rubyklub, met 109-7 vermorsel het.
Die manne van die Moot het met hul oorwinning tot binne trefafstand van Norham se Rhinos op die punteleer geskuif.
ABE Midas Naka Bulle word weekliks beter in hul opmars na die uitspeelrondtes van die toernooi en Pretoria het hulle rieme lelik styfgeloops teen die Moot-masjen.
Die seisoen begin bietjie lank raak vir Pretoria, maar hopelik sal hulle dalk nog ’n paar van die grotes kan skrikmaak in die aanloop na die uitspeelrondtes, waarvoor hulle nie meer kan kwalifiseer nie. Net 109-7 vermorsel het.
Die manne van die Moot het met hul oorwinning tot binne trefafstand van Norham se Rhinos op die punteleer geskuif.
ABE Midas Naka Bulle word weekliks beter in hul opmars na die uitspeelrondtes van die toernooi en Pretoria het hulle rieme lelik styfgeloops teen die Moot-masjen.
Die seisoen begin bietjie lank raak vir Pretoria, maar hopelik sal hulle dalk nog ’n paar van die grotes kan skrikmaak in die aanloop na die uitspeelrondtes, waarvoor hulle nie meer kan kwalifiseer nie.
Read the full story on Record East.