VTM Nuusbrief Mei 2017
Nuus
April was Wêreld Outisme-bewusmakingsmaand. Ons is genader deur Outisme SA om die Monument saans blou te verlig as deel van hulle bewusmakingsprogram. Die plasing op ons FB-bladsy hieroor, is deur 484 341 FB-gebruikers gesien. Gedurende een week in April, het die blad 973 791 besoekers gehad. Dit is ‘n rekord vir ons blad.
Bemarking
Ons Bemarkingshoof (links), Lizette Jansen en Thea Furstenburg, ook van die bemarkingspan, het in April die World Travel Market in Kaapstad bygewoon. Hier kuier hulle by die Maropeng stalletjie.
Besoek
Die Adjunk Eerste Minister van Sjina, Liu Yandong, het die Monument in April besoek. Haar besoek het groot opgewondenheid onder die Sjinese toeriste op die terrein veroorsaak.
De Afrikander
Die nuwe geskenkwinkel op die terrein, De Afrikander Handelshuis, het sy deure op 25 April oopgemaak. Dit spog met uitsonderlike eg Suid-Afrikaanse produkte. Kom loer gerus.
Militêre & Geskiedenisfees
Hierdie jaarlikse fees op 1 Mei is nou so gewild, dat ons hektoegang hierdie jaar met 56% toegeneem het. Dit is grootliks te danke aan Group73 wat die helikopter en “gevegvertonings’ lewer. Die fees het op die dak van die groot Amfi plaasgevind en het wye mediadekking geniet. Gaan kyk gerus na die video op https://youtu.be/xxwdd7jF8FE.
Gebeure
Ons herinner u daaraan dat die Jakarandafm musiekdag op 27 Mei plaasvind. Die Park Acoustics-konsert vind op 21 Mei plaas. Op beide dae sal die terrein en piekniekarea nie vir dagbesoekers toeganklik wees nie.