VTM Februarie Nuusbrief 2016
Geagte Vriende
DIE TROEPIE BEELD
Ons wil graag net onder u aandag bring dat die Troepie beeld nie na die VTM verskuif gaan word nie. Die Direksie van die VTM het reeds in Mei 2015 dié besluit geneem en wel om die volgende redes:
- Om nie die permit van die Provinsiale Erfenisowerheid van Gauteng, wat goedkeuring verleen vir die verskuiwing van die hele SAW-gedenkteken te Klapperkop na die VTM-erfenisterrein, te implementeer nie. Let asb hier op die woord hele. Dit behels die hele monument en nie net die beeld nie.
- Om, in die lig van nuwe verwikkelinge, die besluit te hersien en om nou teen die verskuiwing te besluit.
- Om geen replikas van die Troepiestandbeeld by die SAW-gedenkmuur by die VTM aan te bring nie.
Alle fondse wat vir die verskuiwing ingesamel is, is in die EBO Trust se rekening inbetaal en nie aan die Erfenisstigting of the Voortrekkermonument nie.
Ons hoop dit klaar alle onsekerheid op. Totdat die Direksie anders besluit, sal geen ander beelde op die terrein toegelaat word nie.
Ons herinner u graag aan die antiek- en versamelaarsmark wat op Maandag, 21 Maart plaasvind. Toegang is R30 per voertuig, maar houers van ‘n geldige 2016 Vriendekaartjie, kom gratis in.
Daar is parkering vir gestemdes aan die oostekant van die amfi.
SLEGS VIR VRIENDE VAN DIE MONUMENT
Ons herinner u ook daaraan dat u ledegeld as Vriende van die Monument vir die jaar 2015 op 29 Februarie verstyk het. Ons vra dat u asb ssm die nuwe jaar se ledegeld betaal, aangesien dit baie rompslomp uitskakel. Die bankbesonderhede is as volg:
Voortrekkermonument
ABSA Brooklyn
Tak: 63 2005
Rek no: 1500 168 990
Faks asb u bewys van betaling aan: 0866 354 705 of e-pos dit aan bogenoemde adres.
Baie dankie






