Erfenisbatesdag by die Monument
Erfenisbatesdag by die monument herdenk met ‘n historiese geskenk, Internasionale Erfenisbatesdag op 11 Januarie is vanjaar pragtig gevier deur die Voortrekkermonument met ‘n waardevolle skenking van ‘n stoel wat die Groot Trek beleef het.
Die Voortrekkermonument het vanjaar Internasionale Erfenisbatesdag op 11 Januarie gevier deur mense aan te spoor om meer van hulle unieke erfenis te ontdek.
Christiaan Jordaan, toerismebestuurder by die Voortrekkermonument, sê op hierdie dag lê die klem op die bewaring van monumente en die insameling van fondse en erfenisitems vir ikoniese landmerke en monumente regoor die wêreld.
Vanjaar het Anel du Preez vir die herdenkingsdag ‘n oorspronklike riempiestoel van die Laas-familie aan die monument geskenk.
Dié stoel het die Groot Trek beleef.
Hierdie erfenisskat sal langs die Laas-wa in die Senotaafsaal sy regverdige plek inneem.
Die Laas-wa is een van die min oorblywende ossewaens wat die Groot Trek oorleef het en was ook teenwoordig by Bloedrivier.
Bron: Pretoria Nuus