Laerskool Vissershoek vier 130ste Verjaarsdag
Die noord-skool sal in Oktober vanjaar 13 dekades van “goeie waardes” vier.
Laerskool Vissershoek, in die De Wildt-omgewing, sit hierdie jaar 130 kersies op hul koek.Dié Afrikaanse plaasskool, ongeveer 20km wes van Pretoria Noord, het ’n leerdergetal van 214 en 16 personeellede.
Op 12 Oktober is die skool amptelik 130 jaar oud.
Feesvieringe het egter vroeg begin hierdie jaar met ’n fondsinsameling wat deur die leerlinge behartig word.
Die skoolhoof, mnr. Freek Hennop, het ’n beroep op ouers en gemeenskap gedoen om die skool te ondersteun in projekte om ook minderbevoorregte leerders te help.
Op die skool se Facebookblad vra Hennop vir skenkings van enige nie-bederfbare kosse, seep, tandepasta, blikkieskos en ander donasies wat behoeftige gesinne kan ondersteun.
Donasies kan by die skool se kantoor afgelewer word.
In ’n skoolbrief, sê Hennop, is “goeie waardes” die belangrikste waarna die skool, vir die afgelope 130 jaar, na streef.
Read the full story on: Record East.