Affies Meisies maak die beste van ‘n slegte saak
Afrikaanse Hoër Meisieskool en Afrikaanse Hoër Seunskool vier vanjaar hul 100e bestaansjaar.
Die eeufeesjaar het effens anders uitgedraai as wat beplan was, maar die koronavirus was op die einde van die dag nie ’n demper in die Affies-kultuur nie.
In Januarie vanjaar het dié skole hul 100e bestaansjaar viering begin.
Ter feesvieringe, het oor die 2 500 voete die Jakarandastrate ingevaar waar duisende leerlinge, personeel en voormalige Affies die staptog vanaf Burgerspark na die seunskool aangedurf het.
Hiérdie geleentheid was egter die laaste van soveel planne wat in die wiele geruim is.
Die pandemie het veral groot eise aan die matriekklas van 2020 se planne gestel.
Die matriekklas van 2016, het verlede week vir vanjaar se Affies Meisies-matrikulante met ’n wit roos in die hand by die skoolhekke ingewag.
Read the full story on: Rekord East.