Your Favourites
Login / Register
General Enquiry

Silvertonkruin Nederduitse Gereformeerde Kerk
Silvertonkruin Nederduitse Gereformeerde Kerk Facebook Page


Silvertonkruin Nederduitse Gereformeerde Kerk
Silvertonkruin Nederduitse Gereformeerde Kerk

Erns met God - Erns met mense - Erns met jou


Waar het dit begin?

Silvertonkruin het in 1975 afgestig van Silverton Moedergemeente. Baie vroeg in die gemeente se geskiedenis het die gemeente die bynaam “Drie-kruise gemeente” gekry, as gevolg van die drie kruise wat agter die kansel op die muur gegraveer is. Hierdie kruise sou met die verloop van tyd die simbool van die gemeente word. Soveel so dat dit tot in die gemeente se kenteken opgeneem is en ook as basis dien vir die gemeente se visie. Wat beteken hierdie kruise?

Die sentrale kruis wat in die middel staan is die grootste en die belangrikste. Dit simboliseer Christus wat na die aarde gekom het om die mensdom te verlos. Die kruis aan die linkerkant is heelwat kleiner as die ander twee. Hierdie kruis verwys na die spottende booswig wat gekies het om die verlossing te verwerp. Die kruis aan die regterhand loop reg deur die horisontale balk van die sentrale kruis, wat daarop wys dat die boodskap van Jesus aan die hele wêreld vertel moet word.

Fokus op God

Silvertonkruin is sterk gevestig in die tradisie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (N.G.K.). In hierdie tradisie staan die verkondiging van die Bybel – die Woord van God – sentraal.

Dit bereik ons deur die weeklikse eredienste wat op ‘n Sondag plaasvind, wat gepaardgaan met programme vir kinders. Ons bied  ook Bybelstudies aan, sodat ons die konteks van die Bybel beter kan verstaan.

Fokus op mense

‘n Baie sterk gedeelte van ons identiteit is ons fokus op mense. Die aard van ons gemeente is gefokus op die mense in die gemeente. Ons wil graag weet hoe dit met jou gaan, wat jou toekomsplanne is,  hoe jy God beleef en hoe jy jou geloof beoefen, sodat ons jou kan ondersteun, opbou en jou geloofspad saam met jou kan stap.

Om dit te kan doen, het ons ‘n uitstekende Gasvryheidspan wat jou Sondae welkom heet by die deur en seker maak dat ons leraarspan by jou kan uitkom, indien jy ‘n nuwe intrekker is. Ons Gasvryheidspan sorg ook vir die tee na elke erediens. Wat probeer ons sê? Ons hou daarvan om te kuier.

Fokus op jou

Ons is ook bewus daarvan dat geloof privaat is. Daarom is ons gemeente daarop gefokus om elke lidmaat in ons gemeente te bemagtig met die toerusting wat hulle nodig het om te groei in hul geloof. Die reis begin alreeds by die Doop.

Ons fokus is dus op die geestelike groei van elke lidmaat. Hiermee help ons E-Kerk, wat iets bied vir elke lidmaat in ons gemeente.

Skakel in by ons eredienste wat op ‘n Sondag om 08:45 plaasvind.

Erns met God - Erns met mense - Erns met jou





SHARE:Send to FacebookTweet This | Telephone: +27(0)79 162 1443 |
Add to My Favourites