Gauteng-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
“Hierdie buurtwagte stel ’n goeie voorbeeld van wat bereik kan word as gemeenskappe saamstaan en proaktief optree.
AfriForum se buurtwagte in Gauteng het op 14 en 15 April aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
Die patrollie is in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede uitgevoer, en word gehou om sigbaarheid reg oor Gauteng te verhoog.
Een-en-twintig buurtwagte van Pretoria, die Oos-Rand en die Wes-Rand het aan die patrollie deelgeneem.
Altesaam 354 voertuie en 511 buurtwaglede van AfriForum asook verskeie veiligheidsinstansies en -rolspelers was deel van die sigbaarheidspatrollie.
Gedurende die patrollie is 15 658km afgelê en is hulp by 18 insidente verleen.
Alle deelnemers het streng voldoen aan al die vereiste regulasies en het ten alle tye binne die raamwerk van die wet opgetree.
Lees Volle Berig: Rekord