Reynardt Hugo
Reynardt Hugo is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en skrywer. Hy werk al sedert 2008 in die vermaaklikheidsbedryf en is bekend vir sy rol as dr. Tertius Jonker in die gewilde kykNET-sepie, Binnelanders. In 2010 het hy saam met Hugo Ludik die bekroonde popgroep, ADAM, begin wat oor die jare die land vol getoer en verskeie toekennings gewen het en verantwoordelik was vir treffers soos Liefde Soldaat, Kasteel, Hoogtevrees, Sê My, Iets In Die Water en meer. Nadat die groep aan die einde van 2019 ontbind het, het Reynardt besluit om op sy solo-musiekloopbaan te fokus.
Reynardt is in Durban gebore, maar het aan Hoërskool Zwartkop in Centurion gematrikuleer. Alhoewel hy nog altyd lief was vir musiek, het hy eers in graad-elf ontdek dat hy kan sing en het hy eers na skool besluit dat hy graag wil toneelspeel. Vandaar sy besluit om BA Drama by die Universiteit van Pretoria te studeer, waarna hy ’n rol by Binnelanders losgeslaan het. Dit was ook in hierdie tyd wat sy paaie met die van Hugo Ludik gekruis het.
Lees meer op: CO Productions