Martin Botha vertel bietjie oor sy Musiek styl Blues
Musiek is my lewe. Dit is wie ek is,” beklemtoon Martin Botha wanneer hy sê dat hy nie ‘n enkele dag sonder musiek kan wees nie.
As ‘n jong kind van net oor die twee jaar oud, het Martin Botha saam met sy ma na elke orkesoptrede in Middelburg gegaan, dikwels onder die tafels in slaap geraak terwyl sy die klawerbord saam met die ander orkeslede laat sing het, te midde van dans en viering.
Het hierdie ervaring hom beïnvloed om ‘n musikant te word? Dit is ‘n vraag wat mens nie hoef te vra nie—sy musiek is die antwoord. Is musiek sy passie, sy liefde? Interessant genoeg antwoord hy, “Nee, dit is nie.”
Sy kinderdae in Middelburg was altyd deurdrenk met musiek. Maar dit was eers rondom die ouderdom van 16 dat hy ‘n kitaar opgetel het en die snare onder sy vingers laat sing.
“Ek het nog spyt dat ek nooit formele opleiding gehad het nie,” sê die vurige blues musikant wat leer speel het deur te luister. Maar hy het nooit teruggekyk nadat hy die genre ontdek het nie. Langs sy musikale reis het hy vele verskillende genres meester geword: country, heavy metal, en gospel. Maar hy het gehoor hy was “te bluesy.” Dus het hy besluit om sy eie pad te stap.
Maar wat het hom na blues getrek? “Dit is eerlik, rou eerlik,” sê hy. “En intens. Dit is eintlik ‘n diep emosionele ervaring van musiek. Sekere ligter musieksoorte is aangenaam om na te luister, maar dit neem jou nie op ‘n emosionele reis soos blues nie.
“Ek kry die geleentheid om my eie interpretasie ( ‘n stukkie van myself) in elke liedjie in te weef. Martin glo ‘n musikant moet nooit ‘n cover liedjie presies namaak nie “as jy dit doen, steel jy eintlik ‘n stukkie van ‘n ander persoon se talent. Ek verkies om ‘n unieke weergawe van die liedjie te skep.” En dit is presies sy weergawe van “Crossroads” wat my aandag getrek het. In werklikheid het ‘n Britse maatskappy so baie van sy weergawe van “Walking Blues” gehou dat dit hom gedeelde tantieme verdien het (onder die naam “Them Walkin Blues”). INSERT LINK
Maar hy doen nie net covers nie. Later vanjaar, sien sy eerste Afrikaanse Blues album die lig. Dit volg op twee Engelse albums, “Leaving the station” en “Blues Chemistry,” reeds beskikbaar op Spotify.
Sy skrywers proses is altyd by hom: by die werk skryf hy vinnig lirieke en idees, wat hy later met ander elemente inweef. Hy begin ‘n liedjie met die kitaar eerste, gevolg deur die struktuur waar hy lirieke byvoeg wat by die vibe pas. Hy speel nie net kitaar nie, maar ook dromme, bas, en klavier.
“Slegs een van my liedjies het andersom begin—ek het my vrou se dagboek opgetel, en wat sy een dag geskryf het, het my so geïnspireer dat ek dit net so in ‘n liedjie geskryf het,” sê hy. (Luister gerus na 21 April (LINK). Maar elkeen van sy liedjies is ‘n deeltjie van wie hy is. Dus, musiek maak is nie net ‘n plastiese weergawe van iets wat mooi klink nie. Dit is ‘n klein stukkie Martin-DNA waarmee jy deel word.
Hoe beskryf hy self sy styl? “Iets soos ‘n mengsel van Piet Botha en Jan Blohm,” wat hy sê is energiek en blatante eerlikheid.
Martin speel saam met twee ander mans, Hannes van Wyk (baskitaar) en in Jan Blohmn se band met die naam Blackwater. En hulle plek op die verhoog by Strab is reeds bespreek. Die Strab-fees, wat aan die einde van Mei plaasvind, is die hoogtepunt van blues musikant Jan Blohm se jaar. Met 30 jaar se musiekmaak op sy CV, is hy iemand wat sy plek op die verhoog by die Strab Fest in Mosambiek verdien.
Maar Martin, wat sy eie huisverbeteringsbesigheid bedryf, is ook ‘n gesinsman soos Jan Blohm. Sy vrou en seun woon byna elke vertoning by, en hulle is ook gerig op Strab.
Sedert die eerste fees in 2003 het Strab uitgegroei tot DIE plek waar R&B en veral Blues rock kunstenaars hul stempel kan druk.
Loer hier vir Martin se musiek:
Black Water op Spotify
Youtube Kanaal
En ja, Martin was al daar en het die verhoog met groot name soos Karen Zoid gedeel. Darem jammer dis so ver van Pretoria af.