Zahn met haar fluweelsagte stem kry drie benoemings
“Ek moes al harde klippe kou in die bedryf so die nominasies beteken baie vir my, dit voel eintlik onwerklik.”
Die Centurion-sangeres Zahn maak ’n groot impak in die plaaslike musiektoneel met haar warm diep sjokoladestem.
Zahn is in drie kategorieë genomineer vir die 2023 South African Independent Artist Music Awards (Afri-Indie-toekennings) vir haar jongste enkelsnit, “Somerson”, in Beste Pop-enkelsnit, Beste Volwasse Kontemporêre Enkelsnit, en Beste Vokalis.
Oor die afgelope dekade het Zahn bekend geword vir haar lewendige popmusiekvertonings en haar diep strelende stem.
Zahn het in 2019 gedebuteer met haar eerste album Masker wat goed ontvang is deur plaaslike musiekaanhangers. Sedertdien het sy verskeie enkelsnitte vrygestel, insluitend “’n Hart weer heelmaak”, “Dis hoe jy die wêreld verander” and “Vergifnis lei na vrede”.
Bron: Pretoria Rekord