SAARKIE “All-girl-rock band”
Saarkie het hulle debuut album “Luister” vrygestel in 2009. Sedertdien het hulle musikaal gegroei met ‘n 2de album “Identiteit” en die nuutse “Reisiger”.
Hulle musiek is ’n kombinasie van talent en passievolle energie wat met dinamika, sinergie en talent oortuig!
ShowMe Pretoria het gesels met die SAARKIE Band: Adèle Fouché (hoofsanger, kitaar en mondfluitjie), Lila Botha (dromme en agtergrondstem) en Lourene Mostert (baskitaar, klawerboard en agtergrondstem.)
1. Hoe lank is julle nou al in Pretoria gevestig?
Tyd gaan so vinnig verby! Ons het na skool pretoria toe getrek om te kom swot, so dis nou al altesaam 9 jaar.
2. As julle enige plek in die werêld kon optree, waar sou dit wees?
Ons sal dit natuurlik love om by Wembley Staduim of Times Square in New York te speel.
3. Wat maak SAARKIE band uniek?
Ons is trots op die feit dat ons skryf ons musiek self en ons is onafhanklik van enige iemand.
4. Het julle enige ander verskuilde talente waarvan ons nie weet nie?
Adele – Ek bou graag hout meubels en die band meen ek het groen vingers, want alles wat ek plant groei.
Lila – Ek het ‘n dromskool en speel tennis en netbal en kan baie lang ure bestuur wanneer ons op toer is.
Loli – Wel ek kan ‘n cherry stokkie knoop met my tong (party trick) en kan baie goed hoogspring.
5. Wat is julle gunsteling venue om te speel in Pretoria?
Ons geniet Padlangs in Zambesi weg, Otterlake, Wolmer in Pretoria Noord en Firkins in Centurion. Hierdie venues is baie cool vir ons en die mense rock altyd hier.
6. As julle nie musiek maak nie warmee is julle besig in jul vrye tyd?
Ons kamp graag, hou baie van visvang en stap ook graag plekke soos die Otter Trail deel van die Garden Route. Hierdie jaar gaan ons ook Visrivier Canyon doen in Namibia.
Ons is onafhanklik van enige iemand.
7. Watter 3 woorde sou julle gebruik om Pretoria te beskryf?
Braaivleis, Rustigheid en ‘n “One Love One Attitude” free zone.
8. Wie is julle gunsteling plaaslike kunstenaar?
Gangs of Ballet, Spoegwolf en Black Cat Bones.
9. Wat dink julle is “a must-see” toeriste attraksie in Pretoria?
Kerkplein, die Saarkie Huis en die Unie Geboue.
10. Het julle enige advies vir jongmense wat belangstel in ‘n beroep in die musiekbedryf?
Dat jy kan enige iets doen if you put your mind to it, en moenie bang wees vir baie harde werk nie. It will pay off eventually.
Volg die SAARKIE band op Facebook: www.facebook.com/saarkieband of Twitter: @saarkieband. Sien gerus ook hulle webtuiste vir opkomende optredes: www.saarkie.com
Luister gerus ook na hul treffer: Dullstroom op Soundcloud: www. soundcloud.com/saarkie/dullstroom.