Marie-Louise Pretorius
Een van die land se suksesvolste Afrikaanse groepe in die geskiedenis van Afrikaanse musiek is geen ander nie as Klopjag. Hulle vier hierdie jaar hulle 12de jaar in die musiekbedryf.
ShowMe Pretoria het gesels met die roos tussen die dorings: Marie-Louise Pretorius, wat bekend is vir haar rol as tjello speler in die groep sowel as haar talent vir klavier speel en sang.
Marie-Louise is tans ook betrokke by The Open Window School of Visual Communication in Pretoria as ‘n kursus koördineerder & sosiale skakeling.
Hoe lank woon jy nou al in Pretoria?
Ek woon al vir 33 jaar in Pretoria. Was toe ek baie klein was vir ‘n jaar in Bloemfontein saam met my ouers en ‘n rukkie in Groningen in Holland tydens my hoërskooljare, maar Pretoria is my huis.
Wat is jou gunstelling restaurant of koffie plek in Pretoria?
As ‘n mens so lank in Pretoria bly kan jy nie net een gunstelingplek hê nie!
Ek is mal oor die Hazel food market op ‘n Saterdag. Papa’s by Duncan yard vir ‘n Sondag. Natuurlik Lucky Rodrigo’s enigetyd, Tashas by Brooklyn enigetyd. As Centurion ook tel moet ek Irene Farm noem en Doppios by Southdowns.
As jy kon deel wees van enige ander genre van musiek as die van Klopjag, wat sou dit wees?
Instrumental en Film Scoring. Soos die musiek van Zoë Keating.
Watter venue in Pretoria laat jou tuis voel?
Om te show sal dit wees Café Barcelona. Jose en Chrisna was een van die eerste mense wat ons ‘n kans gegee het om ‘n Klopjag show te doen 12 jaar terug. So ons voel baie tuis daar.
As jy op enige plek in die wêreld kon optree, waar sou dit wees?
The Gorge Amphitheatre.
Het jy enige raad vir jong tjello spelers?
Speel musiek waarvan jy hou. Eksperimenteer met verkillende genres, tegnieke en style. “Create your own voice/sound”.
Wat kan ons verwag van Klopjag vir die toekoms?
Klopjag is besig met ‘n splinternuwe studio album wat ons doen in samewerking met David Gresham records. Julle sal Klopjag ook baie meer sien show hierdie jaar.
Klopjag bookings kan gedoen word by Music Profile Management Zinta@musicprofile.co.za of 087 802 6955