Charlize Berg
Charlize Berg het geen bekendstelling nodig nie. Nie net is sy beeldskoon nie, maar sy kan sing en toneel speel. Hier volg ons 5 minute onderhoud met hierdie bekende pretorianer.
Wanneer het jy besef jy wil sing vir ‘n lewe?
Op ‘n baie jong ouderdom, maar dit het eers ingesink dat ek wel kan sing toe die mense wat my hoor sing het verstom was oor my talent en my aangemoedig het om dit verder te vat. Vandaar af het ek klasse begin loop en aan kompetisies begin deelneem.
Bespeel jy enige instrumente?
Nee, maar ek kan wel baie goed liedjies skryf en komponeer.
Wat is jou gunsteling genre om te sing?
Ek het begin met Ballades maar sing ook graag pop.
Wat is jou gunsteling venue om by te sing in Pretoria?
Atterburry Teater! Amazing teater! Baie lekker atmosfeer.
Wat is jou gunsteling oomblik tydens ‘n optrede?
As daar ‘n goeie terugvoering vanaf die gehoor is. Dit is altyd baie spesiaal!
Wie is jou gunsteling plaaslike kunstenaar?
Geen spesifieke uitsondering nie. Ek het baie kunstenaars as vriende en almal het sy uitsonderlike gawe wat hom uniek maak. Ek beny en respekteer hulle almal!
Het jy enige verskuilde talente waarvan ons nie weet nie?
Ek skryf my eie liedjies wat julle sal hoor op my huidige sowel as toekomstige albums. Ek kan my lyf ook aktrise hou en het al ‘n paar klein rolletjies in plaaslike films gedoen.
Wat is die beste advies wat iemand jou al gegee het? Volg jou hart! As jy in jouself glo is enige iets moontlik!
Watter boek lê tans op jou bedkassie? “a Conscious Guide to Bible Prophesy”
Waar drink jy graag koffie in Pretoria?
Gewoonlik by“Mug & Bean”, maar ek is ook vreeslik lief om vir myself Starbucks filter koffie te gaan koop en dit self te maak. Ek het my eie plunger wat altyd reg staan vir ‘n lekker koppie koffie!