Elvis Blue “Stories” – Live DVD recording
Elvis Blue – Stories… (my stories begin as letters)
Eksklusief en slegs te siene by die Blou Hond, is die geleentheid vir ware Elvis Blue aanhangers om nie net die bekendstelling van die nuwe album – STORIES – by te woon nie, maar om ook deel te wees van die lewendige opname van hierdie produksie, ‘n rare, een maal in ‘n leeftyd kans.
Na 7 suksesvolle oorspronklike albums, bring Elvis nou sy eie interpretasie aan van die wereld se bekendste liedjies, met ‘n paar splinter nuwe oorspronklike liedjies tussenin. Beide die vertoning en album gee kredo aan Elvis Blue se besonderse repertoire van beide Engelse en Afrikaanse liedere, en die bekoorlike stories wat sy lewenspad beskryf. ‘n Album titel, STORIES, wat opgemaak is uit kognate, woorde wat in beide Engels en Afrikaans dieselfde lees en spel, reflekteer wat gehore kan verwag uit hierdie unieke ervaring.
Wat aanhangers nuut sal ervaar deur STORIES is die wyse waarop beide die liedere en stories bydra tot ‘n somtyds diepe, somtyds humoristiese blik op die lewe, waarin ieder en elk sy eie lewens pad kan identifiseer en in perspektief kan neem. Kom beleef een van Suid Afrika se mees bekroonde liedjieskrywers en sangers nuut, deur liedjies van sy jongdae, deur vandag se treffers, deur STORIES!
Die Blou Hond at Casa Toscana Lodge
5 Darlington Road, Lynnwood Manor, Pretoria
bookings@casatoscana.co.za
http://www.casatoscana.co.za
Date: 23 & 24 July, 2018
Cost: Show ticket R 220
Restaurant light meal R 100