AfriForum Moot het groot planne vir 2023
AfriForum Moot het Groot planne vir 2023
Lid verduidelik dat dit noodsaaklik was om die buurtspanne te begin om hulle omgewing te red van verval.
AfriForum se Groter-Moot-tak het vanjaar groot planne om die verval van hul dorp se infrastruktuur te stop en om reg in hul eie hande te neem.
Die buurtspanne het skouer aan die wiel gesit verlede jaar om die omgewing skoon te hou en het veral gefokus op parke en strate in die area wat in ’n toestand van verval was.
“2023 het reeds volspoed afgeskop,” sê Andries Opperman, buurtbeampte vir AfriForum Groter-Moot.
“Die gras by De Moot Noordspruit van Fratesweg is tot by 14e Laan gesny.
“Fratesweg se padhoeke is gif gespuit vanaf Cunninghamlaan tot by Pierneefstraat.”
Die buurtspan het verlede jaar geweldig gegroei en bewys dat Moot-inwoners omgee oor hul omgewing.
“Die AfriForum Groter-Moot-buurtspan het nou agt betaalde lede.
Lees die Volle berig op…Rekord Pretoria





