“Opskop met als van wals & polka tot kwela” – Radio Kalahari
Die altyd joviale Philip Moolman verwelkom almal & doen ‘n pragtige Elvis Presley tribute wat insluit:
‘Blue Suede Shoes’, ‘Hound Dog’ & ‘I can’t help falling in love with you’.
Luan Reiter (deel van die ‘LeSi Singing Waiter Experience’) deel op akoestiese kitaar, van sy eie komposisies met ‘n baie waarderende gehoor: “Lyftaal”, “Glo” (met mondfluitjie & kitaar), “Oor & oor” & “Draai haar in die rondte”.
Dan is Radio Kalahari Orkes aan die woord & open hul program met die heerlike wals “Melanie”. Die res van die aand voel soos een groot opskop êrens in ‘n plaasopstal. Die groep bestaan uit die veteraan akteur & musikant, Ian Roberts (main vocals, akoestiese kitaar, mondfluitjie & rietjiesfluit), Barry Steenkamp (baskitaar), Friso Woudstra (viool), Wynand Davel (elektriese kitaar), Ruben Samuels (dromme) & die petite-met- maxi- talent Alicia Oelofsen (trekklavier, blokfluit & backing vocals).
Die klomp het duidelik groot pret op die verhoog & voer die gehoor saam met hulle op ‘n reis vol stories oor mense & dinge met onder andere: “Doringboom”, “Hoenner”, “Kamaste”, “Blink Ster”, “Jezebel”, “Kilimanjaro” & “Vuvuzela” (met ‘n stukkie “Vat jou goed & trek Ferreira” bygewerk).
Hulle bring ook hulde aan musikant David de Lange (gebore in 1905) deur verwerkings van sy musiek te sing, wat insluit: “Boomstraat”, “Willie” (in vastrap styl), “Doppie”, “Skeeloog”, & (Waar is) “Bettie”.
Barry Steenkamp (baskitaarspeler) sing die pragtige “Jolie Marie”, gevolg deur Alicia met Rian Malan se “Farieda”.
In hul eie woorde: “Our music is based on traditional roots & folk with flavours of Ghoema, Kwela, Afrikana, Celtic and other World genres and the lyrics portray crazy stories of current life in South Africa”. Hul nuutste CD heet “Mamba” & volgens Ian weet niemand regtig waarom nie!
Dis voorwaar ‘n heerlike belewenis om hierdie energieke groep in aksie te sien. En wat sal ‘n RKO ‘show’ dan nou wees sonder “Staan by my” & “Kaptein”.
Volg gerus Die Blou Hond op al die sosiale platforms om op hoogte te bly van opkomende vertonings.
“Our music is based on traditional roots and folk with flavours of Ghoema, Kwela, Afrikana, Celtic and other World genres and the lyrics portray crazy stories of current life in S.A.”
8 Maart 2019 Die Blou Hond
Article: Marné de Kock
Photos: Ezetna Olivier