Koos Kombuis by Die Blou Hond
15 Februarie 2019
By: Marné de Kock
Koos Kombuis “’Life’ is gans te ‘short’” by Die Blou Hond
Dis ‘n gesellige atmosfeer, mense wat lag & gesels.
Gasheer Philip Moolman verwelkom almal, vertel van die “Singing Waiter Experience” 6 aande ‘n week by die LeSi restaurant, wat ook deel vorm van Casa Toscana.
Philip sing een van sy eerste oorsponklike liedjies (geskryf in 1989) “Jy maak my mal” & bring dan hulde aan “nog ‘n lewende legende (soos vanaand se hoofkunstenaar): Anton Goosen”. Die gehoor sing spontaan saam met “Jantjie”, “Kruidjie roer my nie”, “Waterblommetjies”, “Twee Klein Kalbassies”, “Byeboerwa”, “Blommetjie gedenk aan my”, “Geelperskereën”, “Stellenbosch se nonnatjie”, “Klein bietjie wyn” & “Harlekyn” (almal deur Anton geskryf).
Die voorprogram sanger vanaand, is Onike, ‘n donkerkop wat oorspronklik van Marble Hall is. Sy is ook deel van die sangers met die “LeSi Singing Waiter Experience”. Sy open haar program met “Dans” (van Riana Nell), “As ek droom” & dan haar eie komposisie “Halwe Maan”. Sy sluit af met Klopjag se “24 uur”.
Koos Kombuis stap op die verhoog met sy kenmerkende kopdoek op, kitaar in die hand. “Die Laaste Reis van Ingrid Jonker” & “Gelofteland” is 2 nuwe liedjies wat hy vanaand vir die 1 x voor ‘n gehoor sing.
Met “Lisa se Klavier” sing die gehoor weereens spontaan saam, gevolg met “Katie”, “Bicycle sonder ‘n slot”, “Gebed vir ‘n vet vrou”, “Boer in Beton” & “Atlantis in jou lyf”. Met laasgenoemde vertel Koos dat hy die Sensi Spa kan aanbeveel vir ‘n massering!
Met “Almal wil ‘n huisie by die see hê”, vertel Koos dat hy die lirieke so ‘n bietjie moes aanpas,
aangesien, soos almal weet met onder andere Eskom, is die “struggle’ beslis nog nie verby nie. “Cool paradys” se lirieke is ook vanaand aangepas “agv die huidige politieke situasie”. “Dinosaur Days” (van Koos se 2016 album) is een van Koos se min Engelse liedjies & hy vertel dat hy dit geskryf het op ‘n stadium toe hy depressief & keelvol was vir sy ‘band’.
Hy sing vanaand die lang weergawe van “Johnny is nie dood nie” as huldeblyk aan Johannes Kerkorrel, want sê Koos, hy mis hierdie kunstenaar & goeie vriend van hom, baie.
Op versoek sing Koos “Lalie” (die reggae weergawe) & sluit af met “Onder in my whiskey glas”.
‘n Wonderlike aand van outentieke, onopgesmukte musiek is te gou verby. Dankie Koos Kombuis &
almal by Die Blou Hond.
Photographer for the night – Deon van Wyk