Jan Blohm – Die X-faktor
20 Februarie
Deon Dee is ‘n lang, skraal jongman wat gewoonlik die verhoog deel met Jo Black. Vanaand is dit egter hy & sy akoestiese kitaar. “Woods”, “Down” & “Better part of me” is sy eie komposisies. “Little Wing” (van Jimi Hendrix), sluit sy program af.
‘Rocker’ Jan Blohm vertel dat hy nou reeds 5 jaar ‘skoon’ is & voeg tong-in-die-kies by: “Stick around baby, I’ll make you angry”. Dis ‘n vol orkes op die verhoog met: Ashley Hilton Jacobs (baskitaar), Luke Smith (klawerbord), John Masser (dromme) & Bart Larter (akoestiese kitaar). Met “Rosie” vang hy dadelik die gehoor se aandag vas. “Sondagaand”, “Huistoe”, “Jenny”, “Beter man” & “Charlie” beklemtoon die feit dat hierdie ‘n outentieke “rock band” is. “Karoo”,“Ruby”, “Beautiful in Beaufort-Wes” (‘n hoendervleis mooi weergawe), “Vicky”, “Dieper”, “Voodoo”, “Liefde” & “Poppie Blou” word opgevolg deur die immergewilde “Breyten se brief” & “Groen Trui”. Terwyl digter/liedjieskrywer Jan die gehoor opreg & eerlik bedank vir hul ondersteuning, wonder ek by myself of dit nie dalk die finale x-faktor is, wat die rede is dat Jan se vertonings meestal uitverkoop is nie. Slegs my opinie.
Volg gerus die kunstenaars sowel as Die Blou Hond op alle sosiale media platforms om seker te maak dat jy nie enige opkomende vertonings misloop nie.
Text: Marné de Kock – Copyright
Photos: Ezetna Photography