Francois van Coke – “Geen pretensie, net eerlike talent”
Die bekende en immers gewilde Philip Moolman is oudergewoonte op sy pos met verwelkomings & gelukwensinge . Na sy pragtige vertolking van Johannes Kerkorrel se “Hilbrow”, stel hy vir Emma Ellis voor. Sy begelei haarself op akoestiese kitaar & vertel spottender gewys dat sy in die Top 32 finaliste was van die 2de seisoen van “The Voice”. Sy deel haar eie verwerking van Heuwels Fantasties se “Leja”, Maroon 5 se “She will be loved”, Foster the People se “Pumped Up Kicks” & haar eie komposisie “Wind & Weer”.
Francois van Coke is accompanied by Jedd Kossew (on electric guitar, electric foot drum & backing vocals) as well as Richard Onreat (on acoustic guitar & backing vocals). This seasoned performer, singer, songwriter & TV personality occasionally plays his acoustic guitar on a few songs. It’s a sold out show filled with some serious diehard fans, spontaneously singing word for word with some of the songs: “Hemel op die platteland”, “Skyn”, “Dit raak beter (as jy ouer raak)”& “Dagdrome in Surburbia”.
Francois deel dat sy vakansie gevoel heeltemal verdwyn het na sy 1ste (onlangse) drafsessie saam met sy swaer. Daarom sing hy “Die Skip” wat gelykstaande is aan ‘n 3 minute vakansie vir almal! Na ‘n verrassende weergawe van die Gé Korsten (Francois sê hy’s ‘n groot ‘fan’) treffer “Liefling”, merk Francois op dat – gemeet aan die gehoor se meelewing – daar beslis ‘n hele paar Blou Bul ondersteuners hier is vanaand! “Moontlik Nooit”, “Komma”, “Tot die son uitkom”, “Dagdrome”, “Daar’s hy boys” (geskryf in ‘n Spur saam met die sangeres Andra) word gevolg met ‘n baie unieke weergawe van Koos Kombuis se “Onder in my whiskey glas”.
Jedd & Richard takes centre stage with “Guitar” accompanied by Francois on acoustic guitar only. They follow this up with “Whiskey in the jar”. These guys are playing like a well-oiled machine. Wat sal ‘n van Coke show wees sonder die reuse treffer “Toe vind ek jou”? Die manne verlaat die verhoog met ‘n waarderende staande ovasie deur die gehoor.
Om op hoogte te bly van die sangers se optredes, asook opwindende, opkomende vertonings by Die Blou Hond, volg hulle gerus op alle sosiale media platforms.
Blog by Marne de Kock
Photos by Ezetna Oliver