Een vir die boeke – Die Blou Hond Extravaganza
Pretoria, 29 Januarie 2019
Die Blou Hond Extravaganza is ‘n luisterryke musikale teater geleentheid wat aanhangers van goeie musiek en ondersteuners van opkomende kunstenaars beslis nie moet misloop nie.
Die eerste Extravaganza wat die afgelope Vrydagaand plaasgevind het, was ‘n kleurvolle fees van goeie musiek deur die singende kelners van die aangrensende Le Si Restaurant, ondersteun deur asemrowende mooi uitrustings van House of Superior Clothing, kleurvolle balonne (“Skye balloons”), uitstekende beligting (CNH Events) en Die Blou Hond se uitmuntende klankman, Hans Scheepers, aangevul deur “sparkles”, kerse, rooi rose en dans bewegings van die kunstenaars.
Die vertoning bestaan uit solos en duette, asook die hele groep saam. Dit strek oor verskeie genres van musiek en elke liedjie is met sorg gekies sodat dit elkeen se stem en talente ten beste vertoon.
Die luide Blou Hond applous van ‘n waarderende gehoor na elke nommer het bewys hierdie jong opkomende kunstenaars nie terugstaan vir die groot name in die bedryf nie.
Mens kan nie werklik die een bo die ander een uitsonder nie, want die individuele talente skitter elkeen in sy eie lig en dra by tot ‘n baie geslaagde musikale Extravaganza, wat hopelik nog lank gaan voortleef op die Blou Hond se verhoog. Daar is ietsie vir almal om te geniet van liedjies uit die klankbaan van treffer films soos The Greatest Showman (This is the greatest show, Never enough), Rocky (The eye of the tiger), die immergroen Lion King (Circle of Life), asook ‘n hoendervleis mooi weergawe van Pie Jesu wat jou diep in die hart tref – uitstekende weergawes van Shallow, When the sun goes down, Arms of the angels, Liefling, Mad World, Mal oor jou, You raise me up, Diane, Purple Rain, Blackbyrd en The Prayer – tot by ‘n nostalgiese medley wat my teruggevoer het na my hoërskool jare – Eye of the tiger, Heaven is a place on earth, Sweet dreams, I (just) died in your arms tonight, I want to know what love is en Total eclipse of the heart.
‘n Baie spesiale dankie en gelukwense aan al die deelnemers van die eerste Extravaganza hier by die Blou Hond: Karin Bekker, Bianca Kaltwasser, Amy Celine Lind, Onike van Vuuren, Stephan Herholdt, Anja Venter, Believe Bingandadi en Ronatan Botha onder leiding van Henrico Coetzer, (https://www.youtube.com/watch?v=rvBtE6qX-4k), produksiebestuurder van die Extravaganza bygestaan deur Janis Ellis. Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom op die Blou Hond se verhoog!
Hou gerus ons webwerf dop om te sien wanneer die volgende Extravaganza gaan plaasvind en maak seker dat jy jou kaartjie/s betyds bespreek.
Our photographer for the night – Deon van Wyk Photographer.