Demi Lee-Moore by die Blou Hond
06 February 2019
Demi Lee-Moore: “Oornag Sukses”
Iemand het eenkeer gese: “Oornag sukses gebeur, na jare en jare se harde werk.” Demi Lee-Moore is geen uitsondering nie – sy verdien haar plek in die kollig. As wenner van “Die Kontak” bewys sy dat sy die aanstelling waardig is. Haar vertoning by die Blou Hond (uitverkoop, vir TWEE aande in ‘n ry) het alle twyfel of skeptisisme die nek ingeslaan: sy is inderdaad ‘n sangeres en vermaaklikheidspersoon wat die naam “ster” waardig is. Behalwe vir haar geweldige sterk stem wat sy met groot gemak kan manipuleer, om aan dit wat sy voel, uiting te gee; sowel as, om harte te raak, het sy ‘n heerlike, vars, onopgesmuktheid wat ‘n mens laat voel dat dit iemand is met wie ‘n mens graag sou wou vriende maak. Haar liedjie-keuses, gekombineer met persoonlike staaltjies tussenin, laat ‘n mens veiling voel, om beide ontroer te word; sowel as om in ‘n partytjie stemming te wil kom. Haar CD het feitlik oornag goue status bereik; en platinum status is onafwendbaar en om die draai. ‘n Ster is gebore. Nie oornag nie. Maar uit ‘n lang pad-kombinasie van Godgegewe talente, geloof, wilskrag, harde werk en deursettingsvermoe. Geluk Demi. Wel gedaan Coleski Artists. Die Blou Hond en al hulle kliente sien uit na nog talle toekomstige (uitverkoopte) vertonings met groot sterre soos Demi Lee-Moore.
Die Sen Si Spa, by Casa Toscana Lodge het die voorreg gehad om vir Demi op te kikker, voor haar vertoning. (Kom bederf jouself gerus daar.) Die Le Si Restaurant (ook by Casa Toscana) se kunstenaars het ‘n uitstekende voorprogram vir Demi gelewer. Kom geniet ‘n 6-gang maaltyd daar (5 aande ‘n week) by Le Si, met ‘n groot verskeidenheid top sangers wat weekliks roteer.
Casa Toscana Lodge (ook die huis van die Blou Hond) sien uit om jou te bederf met al bg. aanbiedinge en meer…
Kontak ons gerus by: bookings@casatoscana.co.za / 012 348 8820
Philip Moolman en Die Blou Hond span.