Afrikaans Is Groot word al hoe Groter
1 Desember 2015
Met 63 000 ondersteuners, 9 vertonings en 1 trotse Afrikaanse nasie kan hierdie vertoning met gemak spog as een van Suid-Afrika se beste en grootste ooit.
Kunstenaars van reg oor die land het bymekaar gekom om die asems van ieder en elke Afrikaanse siel in die Moreletapark Ouditorium weg te slaan. Theuns Jordaan was hierdie jaar die kunstenaar aan wie hulde gebring was, en inderdaad was dit ‘n spektakel gewees. Alhoewel dit Laurika Raugh se eerste Afrikaans is Groot vertoning was wat sy bygewoon het, was Die Heuwels Fantasties, Karen Zoid, Francois van Coke, Eden, Steve Hofmeyer, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld en Karlien van Jaarsveld, maar slegs ‘n handjie vol talent wat hulle stemme gelig het tydens hierdie vertoning.
Maak seker dat jy nie volgende jaar se kaartjie verkope misloop nie, dit is oor–en-oor die moeite werd en so sal jy verseker dat spyt nie te laat kom nie!
Besoek ons gallery van fotos:
Comments