Molly en Wors @ Centurion Teater
Venue: Die Centurion Teater
Dates: 15/11/2025 to 15/11/2025
Times: 11:00 - 16:15
Booking Website: http://www.quicket.co.za/events/334172-molly-en-wors-die-verhoogstuk-willie-esterhuizen-en-lizz-meiring-die-centurion/
Terug op oorweldigende aanvraag ná uitverkoopte vertonings in Augustus!
Na jare se smeek en pleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug—dié keer op die verhoog!
Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie dit kan doen. En die tema?
“Die geheim van ’n gelukkige huwelik… bly ’n geheim.”
Kom kopknik met herkenning oor hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie Esterhuizen se werk, is dit humor met hart: heerlik snaaks, voelgoed, maar ook verrassend en warmhartig. Saam met Lizz Meiring as Molly vorm hulle ’n gedugte span en die vonke spat!
Afrikaans | 70 minute | Geen pouse | Geen onder 14 (enkele kru taal)
Vervaardig deur: Artist Warehouse, Westel Productions en Lizz Meiring Produksies
Teks: Willie Esterhuizen
Regie: Pieter Esterhuizen
Stel ontwerp: Willie Esterhuizen
Kostuums: Hollywood Costumes
Musiek: Toby Esterhuizen
Tegnies/Verhoogbestuur: Yvette Hanekom
Kom kuier voor die tyd by The Rehearsal Room vir ete en wyn
Pricing & Booking Information
From R 250,00
Venue Details & Map
Die Centurion Teater
Physical Address: 123 Opaal Rd, Centurion, 0157, South AfricaLatitude: -25.843737 Longitude: 28.209024





