Mathys Roets – Reën
Venue: The Barnyard Theatre Menlyn
Dates: 15/10/2021 to 15/10/2021
Times: 19:00
In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie met diepte en warmte gevul. Wat hierdie vertoning en album so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf.
Elke lied kry dit reg om jou met nostalgie te laat terugdink aan spesiale oomblike uit ’n ander lewe. Dis asof liriek en melodie saamspan om jou te laat ontvlug na alles waarvan jy reeds vergeet het.
Saam met enige Mathys Roets vertoning, kan jy altyd uitsien na ou bekendes en nou ook die splinternuwe Leonard Cohen lied, “Thanks for the Dance”.
Kom geniet hierdie nuwe musiek saamgesnoer met ou bekendes vir ‘n heerlike aand van vermaak in ‘n intieme omgewing.
Kom luister na die sagte Reën, of Bertus se koolstoof wat sing totdat Klaasvakie kom oorneem. ‘n Sprokie oor ons land en stories van Grasade en Katedrale. Kom reis saam as die trein vertrek van die Stasie in die skemer. Cohen sê dankie vir die laaste dans. Daar is altyd ‘n nuwe begin al dink jy Waantoe nou. Maar jy bly steeds die reën, die sagte reën oor die veld en appelblaarboom wat bot.
Pricing & Booking Information
R 195 per persoon.
Venue Details & Map
The Barnyard Theatre Menlyn
Physical Address: Cnr Atterbury Road and Lois Avenue, Menlyn Park, PretoriaTelephone: +27(0)12 880 2727 Latitude: -25.784036 Longitude: 28.273181