Margit Meyer-Rödenbeck – Ouma is op pad
Venue: AfriForum Teater
Dates: 16/04/2025 to 16/04/2025
Times: 15:00

Met: Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (klavier)
Teks/lirieke en regie: Jurgen Human
Margit Meyer-Rödenbeck is pas genomineer as beste aktrise by Aardklop Kunstefees vir haar vertolking van Ouma.
Ouma is op pad was ook die topverkoper by die Vrystaatse Kunstefees.
’n Gehoorlid skryf op 16 Augustus: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. UITSTEKEND!!!”
Dowwe Dolla se Ouma het eintlik einde 2021 saam met Dolla afgetree. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ’n paar dinge om kwyt te raak.
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, en “takt” is een van hulle.
Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma is op pad se opening by die KKNK 2024: “Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ’n staatmaker op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooit teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Tye: 15:00 en 19:00
Pricing & Booking Information
R 150 per persoon.
Venue Details & Map
AfriForum Teater
Physical Address: Cnr Thomas Edison Street and 13th Street, Menlo Park, PretoriaTelephone: +27(0)66 420 6181 Mobile No.: +27(0)66 420 6181 Email: teater@afriforum.co.za Website: http://afriforumteater.co.za/ Latitude: -25.770803 Longitude: 28.256403