LiG aanlyn-lesersdag
Venue: Aanlyn-Lesersdag
Dates: 31/10/2020 to 31/10/2020
Times: 09:00
Booking Website: http://lig.christians.co.za/lesersdag/
LiG se jaarlikse bederfoggend sal as gevolg van Covid-19 ’n ander formaat aanneem. Ons kuier steeds gesellig saam, luister na musiek én word geïnspireer deur topsprekers. Hoewel dit nie – as gevolg van inperkingsmaatreëls – in één vertrek gaan plaasvind nie, kan jy in die gemak van jou huis aanlyn inskakel en het jy steeds direkte kontak met die bekendes op die verhoog. Nooi ’n paar vriendinne en kuier saam.
Gasvrou-opsies is steeds beskikbaar:
Kry 10 kaartjies vir die prys van 9 en nooi jou beste vriendinne om die aanlyn-lesersdag saam met jou tuis te geniet.
Kontak amanda@bmedia.co.za hiervoor.
Koop kaartjies só:
Besoek www.lig.co.za/lesersdag/ om jou kaartjies te koop.
Om kaartjies kontant of via EFT te koop, kontak ons kaartjie-vennoot, Tixsa by support@tixsa.co.za
Vir enige navrae rondom kaartjies wat reeds gekoop is, kontak amanda@bmedia.co.za
Jy benodig:
• Internettoegang (+ data)
• Jy kan die vertoning op die volgende toestelle kyk: rekenaar, skootrekenaar, selfoon, slim-TV of enige toestel waarop jy platforms soos YouTube besoek.
Pricing & Booking Information
Daar is drie kaartjie-opsies:
Opsie 1 teen R 390
• Digitale subskripsie op LiG vir 6 maande
• 1 kaartjie na die aanlyn-lesersdag
• Geskenkpak met die waarde van ’n R1000 word na jou gekoerier
(Slegs 600 kaartjies beskikbaar!)
Opsie 2 teen R 235
• Digitale subskripsie op LiG vir 6 maande
• 1 kaartjie na die aanlyn-lesersdag
Opsie 3 teen R 130
• 1 kaartjie na die aanlyn-lesersdag
Venue Details & Map
Aanlyn-Lesersdag
Physical Address: PretoriaLatitude: -25.747868 Longitude: 28.229271