Lewensasem
Venue: Kuberkonsert
Dates: 05/07/2020 to 05/07/2020
Times: 15:00
Booking Website: http://pierneefteater.com/store/lewensasem-20200705kk
Asemhaling beteken lewe. God het aan sy kinders die asem van ewige lewe gegee deur Jesus Christus en die werking van die Heilige Gees in ons. Dit gee ons hoop en vrede juis in hierdie tyd waarin ons dit so nodig het.
Die In Sy Spore-span wat sedert 2016 besig is met ’n sosiale media bediening het besluit om hierdie produksie aan te pak, na versoeke van mense wat die In Sy Spore Facebookblad volg en die gereelde oordenkings ontvang. Daarom is Lewensasem jou geleentheid om in die gerief van jou eie woning stil te word voor Hom wat jou gevorm het en geïnspireer te word om voluit die lewensuitdagings aan te gryp.
Kom kyk en luister na sommige van ons land se beste kunstenaars wat deur hulle sang en musiek jou sal laat deel in ’n geestelike ervaring wat jou denke en jou hart sal aanraak. Die kunstenaars wat deelneem, is Rina Hugo, Mathys Roets, Jannie du Toit, Helena Hettema, Willie en Natasha Joubert, Hannes van der Walt asook Bernice en Kayla Borman.
Ten bate van Bejaardesorg.
Pricing & Booking Information
R 75
Venue Details & Map
Kuberkonsert
Physical Address: PretoriaLatitude: -25.747868 Longitude: 28.229271