Leengoed
Venue: Jou Sitkamer
Dates: 26/06/2020 to 26/06/2020
Times: 18:00
Booking Website: http://tickets.computicket.com/event/leengoed/7142741/7146629/112813
Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos
Hierdie is ‘n debuut teaterproduksie spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal.
Die legendariese Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee smee kragte saam in ‘n splinternuwe tragikomedie.
Wat kan ‘n voormalige sangafrigter wat jare in Japan gewerk het en ‘n wyse ou man tog in gemeen hê? Wat gebeur wanneer hierdie twee wêrelde mekaar ontmoet – en dit nogal by ‘n vlooimark?
Hierdie is die aangrypende verhaal waarin oënskynlike vreemdelinge vanuit twee verskillende wêrelde ontmoet: ‘n aspirerende sanger wat teëspoed ondervind en ‘n ongeduldige, ou vlooimarkkalant. Hulle vind onwetend antwoorde by mekaar en in die sameloop met sy verrassende ommekeer en slot, kom elke swerwer tog tuis. Leengoed is oorspronklike vermaak vir elke persoon wat al ooit nagedink het oor die lewenspad; oor dit wat ‘n mens kies en wat jou pad kruis.
Pricing & Booking Information
R 80
Venue Details & Map
Jou Sitkamer
Physical Address: PretoriaLatitude: -25.747868 Longitude: 28.229271