Kyknet se Moer ’n Boer skop uit met n 2de Seisoen
Boere neem die uitdaging aan in nuwe seisoen van Moer ’n Boer

Die tweede seisoen van Moer ’n Boer sit die rooi en blou spanne aan die uiterste toets – nie net in die veghok nie, maar ook op die plaas self. Van kalwers vasvang en stropers bestuur tot intense fisiese uitdagings, bewys hierdie boere dat krag, uithouvermoë en plaasvernuf hand aan hand gaan.
Kan jy boer? Of kan jy jou man staan wanneer die druk regtig begin? – Event Details Here
Kyk hoe die uitdagings ontvou en die boere hul dapperheid en deursettingsvermoë toon in die nuwe seisoen van die gewilde kykNET-reeks Moer ’n Boer.
Comments





