Jannie Moolman & Blackie Swart @ Die Blou Hond
Venue: Die Blou Hond at Casa Toscana Lodge
Dates: 17/11/2019 to 17/11/2019
Times: 12:30
Brandewyn en melktert is lekker op hulle eie, maar die twee saam is heerlik!
So is die musiek van Blackie Swart en Jannie Moolman ook – 90 minute se musiek deur twee legendes. Blackie is meer as net Liewe Lulu en Jannie is meer as net Nessum Dorma. Van Liewe Lulu tot Mozart, van Dire Straits tot Engelbert Humperdinck en tussenin Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel, Lucas Maree en ‘n paar lekker verrassings om die aand af te rond. Brandewyn en Melktert is ‘n aand propvol nostalgiese musiek deur twee legendes van die Afrikaanse musiekbedryf. Tussendeur bly die humor ook nie agter nie en staaltjies uit hulle honderde optredes en verskeie toere laat die gehoor skaterlag.
Jannie en Blackie is albei reeds meer as 20 jaar in die musiekbedryf en saam met vervaardiger Giep van Zyl het hulle ‘n konsert bedink wat wyd byval sal vind. In Brandewyn en Melktert sal gehore nie net van Jannie en Blackie se bekendste musiek hoor nie, maar hulle sing en speel ook musiek van hulle eie helde. Elkeen van hulle word so bietjie uit sy eie gemaksone gehaal met ‘n paar uitdagende liedjies en hulle sing ook nuwe musiek wat eersdaags op elkeen se splinternuwe CD verskyn
Pricing & Booking Information
Show ticket R 160 | Meal ticket R 200 (Adults) | R 100 (Kids U/12)
Meal ticket incl. 2 course Buffet lunch, Coffee & Tea
Venue Details & Map
Die Blou Hond at Casa Toscana Lodge
Physical Address: 5 Darlington Road, Lynnwood Manor, PretoriaTelephone: +27(0)12 348 8820 Email: bookings@casatoscana.co.za Website: http://www.casatoscana.co.za Latitude: -25.758805 Longitude: 28.275823