Hannes Brümmer
Venue: Jou Sitkamer
Dates: 20/09/2020 to 20/09/2020
Times: 17:00
Booking Website: http://itickets.co.za/events/448109
Hannes Brümmer is al dikwels gevra of hy hiperaktief is, maar hy kon nog nooit lank genoeg stilgesit om uit te vind nie! Hy is sedert 2005 ’n lid van Joe Parker se Improv Express, asook die Starship Improvise daarna. Vir die afgelope agt jaar is hy ook ‘n gereelde gesig op Suid-Afrika se Stand-up komedie toneel en het al by verskeie feeste opgetree. Hy is ook ‘n lid van die toonaangewende Afrikaanse komedie duo, Die Flying Dutchmen saam met Melt Sieberhagen.
Die toepassing van sy Drama-graad, wat hy in 2000 aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, het tot ’n verskeidenheid televisierolle in Een Skoenlapper, Amalia, Villa Rosa, Binnelanders, ’n aantal televisie-advertensies en die rolprente Skin, Agent 2000 en Ek joke net 2 gelei.
Pricing & Booking Information
R 115
Venue Details & Map
Jou Sitkamer
Physical Address: PretoriaLatitude: -25.747868 Longitude: 28.229271