Groet die Grotman met Wynand van Vollenstee
16 Oktober 2019
Ouderdoms beperking: Geen 0/13
Dit is 20 jaar later. Grotman en Elize is steeds baie gelukkig getroud… of is hulle? Die kinders is tieners. Mans en vrouens verskil steeds en is eintlik van verskillende planete. Is alle mans steeds poepholle? Is alle vrouens steeds gaarders? Meneer en mevrou kom herken jouself in Groet die Grotman 2 en kom skaterlag vir jouself. Meneer jy gaan beslis die kans kry om vir jou vrou vinger te wys. En Mevrou jy gaan beslis die geleentheid hê om manlief in die ribbes te pomp.
Groet die Grotman 2 is die ideale tonikum vir enige huwelik met Wynand van Vollenstee as die skreeusnaakse Grotman!
Comments