Die Pomporrelkonsert met Johny Klein
23 Oktober
Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld geskryf, daardie smal landboustreek tussen die Swartland en die Weskus. Daar waar karakters gebore word en net groter karakters word. Ferdinand Deist was Professor in Teologie maar hy het die gawe gehad om die stories en die spreektaal van die Sandveld perfek neer te pen. Die akteur, Johny Klein, het onlangs Deist se boeke op RSG voorgelees en dit was ongelooflik gewild by die luisteraars. Dit was dus die logiese keuse dat Die Pomporrelkonsert verhoog toe moes gaan.
Lefra Produksies
Charl Senekal
Comments