Deon Meiring
Venue: Kuberkonsert
Dates: 03/07/2020 to 03/07/2020
Times: 19:00
Booking Website: http://showme.co.za/pretoria/control-panel/?action=add&pd_form=add_event
Deon Meiring se loopbaan as liedjieskrywer en musikant het begin met sy groep Glaskas. Later stig hy ook Dans Dans Lisa saam met Bouwer Bosch. Vir sy solo werk skryf hy liedjies in ‘n styl wat die lirieke meer op die voorgrond plaas as van sy ander projekte. In 2016 word van sy gedigte ook gepubliseer in die bundel Sterkykers, uitgegee deur Lapa Uitgewers. Wanneer Deon nie liedjies met die wêreld deel nie, deel hy ‘n weeklikse brief wat hy in die vorm van ‘n video uitstuur op YouTube, Facebook en Instagram.
In Deon se konsert speel hy sy oorspronklike musiek asook hier en daar gestroopte weergawes van sy liedjies wat mense deur Glaskas en Dans Dans Lisa leer ken het. Daarmee saam kleur hy die vertoning in met die stories, gedagtes en belewenisse waaruit sy liedjies ontstaan het.
Pricing & Booking Information
R 75
Venue Details & Map
Kuberkonsert
Physical Address: PretoriaLatitude: -25.747868 Longitude: 28.229271