Classics met klas
Venue: Kuberkonsert
Dates: 17/07/2020 to 17/07/2020
Times: 19:30
Booking Website: http://pierneefteater.com/store/classics-met-klas-20200717kk
Hierdie vier kunstenaars lewer ’n afgeronde vertoning van hoogstaande gehalte met liedere uit musiekblyspele asook ’n paar Afrikaanse nommers. Die inhoud wissel van ritmiese liedjies wat die voete laat jeuk tot nostalgiese ballades. Hulle doen solo nommers, duette en liedjies deur die hele groep gesamentlik.
Hierdie vertoning was die laaste vertoning wat, net voordat die inperkingsmaatreëls gedurende Maart in werking getree het, by Pierneefteater op die verhoog was. Endija kon vanweë reisbeperkings nie terugkeer na Letland nie en die groep het besluit om hulle vertoning op te neem en weer as aanlynkonsert op Pierneefteater se kuberverhoog aan te bied.
Endija is ’n klassieke sopraan vanaf Letland wat in hierdie vertoning die verhoog deel met die sangers Zack Jansen van Rensburg, Hannes Retief en Deon Main. Haar volle verhoognaam is Endija Rezgale.
Pricing & Booking Information
R 75
Venue Details & Map
Kuberkonsert
Physical Address: PretoriaLatitude: -25.747868 Longitude: 28.229271